DOMUS BANNER
Agtergrond Print E-mail

Die Dokumentasiesentrum vir Musiek (DOMUS) is geleë in die Musiekbiblioteek in die Departement Musiek. Die kernversamelings in die sentrum het oor 'n tyd van meer as vyftig jaar tot stand gekom deur skenkings en aankope en behels versamelings van internasionale, maar veral Suid-Afrikaanse belang. Van die belangrikste versamelings in DOMUS is dié van Michael Scott, Albert Coates, Arnold van Wyk (gehuisves in die J.S. Gericke Biblioteek), Walter Swanson, Graham Newcater, Frits Stegmann, Charles Weich en Rosa Nepgen. DOMUS is formeel in 2005 gestig en die projekte en karakter daarvan word gekenmerk deur 'n produktiewe samewerking tussen biblioteekkundige belange en akademiese navorsing.
 

Last Updated ( Thursday, 08 May 2008 )
 

© Kopiereg DOMUS 2006 - 2017 www.domus.ac.za. Alle Regte Voorbehou. | Algemeen | Webtuiste | Voorwaardes vir Gebruik.

SUN LOGO