DOMUS BANNER
Aanlyn Musiekuitgawes: Mohapeloa Kritiese Uitgawe Print E-mail

Die Mohapeloa Kritiese Uitgawe is 'n projek wat in 2009 aan Stellenbosch Universiteit gevestig is deur Christine Lucia, Buitengewone Professor aan die Departement Musiek. Twee doelstellings is hier ter sprake: akademiese navorsing op Basotho komponis Joshua Pulumo Mohapeloa (1908-1982) wat insluit navorsing ten opsigte van 'n Kritiese Uitgawe van sy musiek geredigeer deur Lucia, en die kommersiële verspreiding van bladmusiek in hierdie uitgawe deur African Composers Edition. Dien navorsing is finansieel ondersteun deur die Suider-Afrikaanse Musiekregte Organisasie (SAMRO), die Bellagio Rockefeller-stigting, die National Arts Council of South Africa, en Stellenbosch Universiteit.

 
Foto van J.P. Mohapeloa, 1934,
Huskisson-versameling, SAMRO Argief
(lêer ‘Mohapeloa, J.P.’),
gebruik met toestemming
  Voorblad van bladmusiek van
U ea kae? (J.P. Mohapeloa),
African Composers Edition ACE001,
gebruik met toestemming


Aanlyn publikasie opgawe African Composers Edition is 'n samewerking tussen die kopiereghouers van die intellektuele eiendom van Mohapeloa, sy skoondogter Ntsiuoa Joyce Mohapeloa en kleinseun Pulumo Joshuoa Mohapeloa. Elke werk is beskikbaar met en sonder solfa en verskyn volgens uitgewernommer (ACE 001, ACE002…), komponiste katalogusnommer (JPM 001, JPM002…), en Internasionale Standaard Musieknommer (ISMN). Meer inligting oor African Composers Edition en die Mohapeloa Kritiese Uitgawe is beskikbaar by www.african-composers-edition.co.za.

Die Mohapeloa projek is gekoppel aan 'n nuwe akademiese diskoers wat ontstaan het tydens 'n reeks nagraadse seminare wat plaasgevind het aan die Stellenbosch Universiteit Musiekdepartement in Februarie en Maart 2013. Deur middel van 'n diskoers word beoog om nuwe metodes te ondersoek en ontwikkel wat 'Afrikamusiek' op nuwe maniere definieer, analiseer en interpreteer in sy veelfasettige kontekste en manifestasies in suider-Afrika.

(vertaling van Engelse teks deur Christine Lucia, April 2013)

 

Last Updated ( Tuesday, 17 June 2014 )
 
< Prev   Next >

Kopiereg DOMUS 2006 - 2017 www.domus.ac.za. Alle Regte Voorbehou. | Algemeen | Webtuiste | Voorwaardes vir Gebruik.

SUN LOGO