DOMUS BANNER
Samewerking tussen DOMUS en Makerere Universiteit, Uganda Print E-mail

Tydens 'n besoek van Prof. Sylvia Nannyonga-Tamusuza in April 2011 is 'n ooreenkoms met die Klaus Wachsmann Argief (MAKWAMA) aan die Universiteit van Makerere in Uganda onderteken. Dit spruit uit die belang van samewerking tussen instellings ten einde die bevordering van navorsingspotensiaal en -aktiwiteite in Afrika. Hierdie ooreenkoms veronderstel samewerking op argief en akademiese gebied op die volgende wyses:

  • Berging en rugsteun kopieë van fisiese en digitale versamelings;
  • Befondsingsaansoeke vir gesamentlike en individuele projekte;
  • Gesamentlike navorsingsprojekte waarby personeel en nagraadse studente betrek word;
  • Gesamentlike publikasie projekte;
  • Opleiding en deel van kennis wat geskoei is op navorsing en die potensiaal van die argief as ondersteunende entiteit vir navorsing;
  • Uitruil van studente vir studiegeleenthede;
  • Deel kennis t.o.v. teoretiese aangeleenthede soos repatriasie en etiek;
  • Samewerking met digitaliseringsprojekte.

MAKWAMA

 
Meer oor MAKWAMA hier.
Last Updated ( Wednesday, 18 February 2015 )
 
< Prev   Next >

Kopiereg DOMUS 2006 - 2021 www.domus.ac.za. Alle Regte Voorbehou. | Algemeen | Webtuiste | Voorwaardes vir Gebruik.

SUN LOGO