DOMUS BANNER
OP SOEK NA SALOME Print E-mail

.

Op soek na Salome is ‘n nuwe opera deur Michael Blake wat geskoei is op Etienne Leroux se kontroversiële roman van die 1960s, Sewe Dae by die Silbersteins. Tydens die skryf van die libretto vir hierdie opera het Christine Lucia gewerk met die oorspronklike teks van Leroux sowel as met die vertaling deur Charles Eglington. Hierdie opera bevat sewe tonele van sowat tien minute elk wat klank, beweging en elektroniese media kombineer.



‘n Projek is onlangs gekonseptualiseer rondom hierdie tot dusvêr onopgevoerde werk. Die artistieke doel van die projek is om ’n nuwe genre van opera in Suid-Afrika te ontwikkel, naamlik die ‘werkswinkel opera’ wat tot ’n wye gehoor spreek, en insette van ’n breë spektrum van die samelewing moontlik maak. Daar word beoog dat daar tydens oefeninge en uitvoerings van hierdie werk voorsiening gemaak sal word dat lede van die gehoor en die kunstenaars in gesprek kan tree met mekaar. Lewendige werkswinkel-uitvoerings is die korttermyn uitkoms van hierdie projek, terwyl die maak van ’n DVD van die produksie en diskoerse oor die opera ’n andersoortige uitkoms is. Hierdie projek dra by tot die bewustelike koestering van ’n waardering vir Afrikaanse letterkundige tradisie en maak hierdie tradisie opnuut relevant deur dit deur die artistieke filters van ons tyd en plek, maar ook van ’n ander medium, te stuur.



Ooreenkomstig DOMUS se doelstelling om musiek in Suid Afrika te bevorder, die spesiale verantwoordelikheid van DOMUS teenoor die musiek van Michael Blake (wat in die argief gehuisves word) en gedagtig die missiestelling van Stellenbosch Universiteit om Afrikaans as institusionele taal te bevorder, identifiseer DOMUS met hierdie projek as 'n grensverskuiwende musikale inisiatief en skep daardeur vir hierdie projek 'n institusionele tuiste aan Stellenbosch Universiteit.

.

Last Updated ( Monday, 05 September 2011 )
 
< Prev   Next >

© Kopiereg DOMUS 2006 - 2013 www.domus.ac.za. Alle Regte Voorbehou. | Algemeen | Webtuiste | Voorwaardes vir Gebruik.

SUN LOGO