DOMUS BANNER
BOEREMUSIEKGILDE FOTO'S DEUR NIKLAS ZIMMER Print E-mail

.

     

Hierdie versameling foto's is geneem deur Niklas Zimmer as opdragwerk vir Willemien Froneman. Die foto's vorm deel van 'n estetiese etnografie van die 21ste verjaardagvieringe van die Boeremusiekgilde, wat in Oktober 2010 by die Voortrekker Monument in Pretoria plaasgevind het. Die oorspronklike opdrag is geïnspireer deur Bakhtin se idees rondom die 'carnivalesque'. Die fotograaf is versoek om beelde te skep wat die jukstaposisie van plesier en plig by die geleentheid kan uitlig.

Alhoewel die opdrag oop gelaat is vir interpretasie, is 'plesier' losweg gedefinieer in terme van die wesenlikheid van die liggaam en die liggaam in beweging: oormaat, onmiddellikheid, dans, eet en drink, lag, sensualiteit en erotika. ‘Plig’, daarteenoor, verwys na die reëls en regulasies wat afgedwing word deur die diskoers wat onderskryf word deur die organisasie, en kom na vore deur bv. voorlesings uit die Bybel, die dra van uniforms en ander organisatoriese parafernalia.

Die besluit is geneem om die beelde wat verband hou met 'plig' in swart en wit te neem, as 'n ekstra estetiese intervensie. Die fotobeelde is geskep oor 'n tydperk van drie dae, terwyl die fotograaf saam met 'n groep musikante per bus van Kaapstad na Pretoria gereis het.

(Willemien Froneman, Februarie 2011)

   
     
   
     
   
     
   
     
   
     

.

Last Updated ( Tuesday, 16 August 2011 )
 
< Prev   Next >

© Kopiereg DOMUS 2006 - 2021 www.domus.ac.za. Alle Regte Voorbehou. | Algemeen | Webtuiste | Voorwaardes vir Gebruik.

SUN LOGO