DOMUS BANNER
MICHAEL BLAKE-VERSAMELING VIR DOMUS Print E-mail

...

 

Verskeie faktore verseker Michael Blake se posisie as een van Suid-Afrika se belangrikste komponiste. Sy musiek is verteenwoordigend van ’n minimalistiese/eksperimentele estetika, ’n styl waarvan Blake die belangrikste eksponent in Suid-Afrika is. Sy komposisies toets deurentyd die verband tussen die eksperimentele musiek tradisie, minimalisme en Afrika-musiek strukture, ritmes en toonmateriaal. Blake se bydraes in hierdie verband is van die mees toonaangewende onder talle ander komponiste wat soortgelyk ontwikkel het sedert die laat 1970’s. In die Cambridge History of Twentieth-century Music, beskryf Martin Scherzinger Blake se musiek as ‘vertalings van Afrika-musiek na ’n Westerse idioom wat die grense tussen aanhaling en abstraksie fyn benader, en wat in die proses die teenstelling tussen die twee ondersoek’. Blake het al werke in elke medium gekomponeer – vir verhoog, orkes, kamermusiek, klawerbord, instrumentaal en vokaal (solo en koor). Hy werk ook in dans en film, en het in 2009 die eerste Afrikaanse digitale opera gekomponeer. Searching for Salome, ’n opera in 7 dele, is gebaseer op Etienne Le Roux se boek Sewe Dae by die Silbersteins van 1962.

Sedert Blake se terugkeer na Suid-Afrika na ’n lang tydperk in die buiteland, het hy uitgestyg as een van die belangrikste figure in die ondersteuning en organisasie van Nuwe Musiek in Suid-Afrika. Hy is die stigter van NewMusicSA, die Suid-Afrikaanse tak van die International Society for Contemporary Music, in 1999, asook die organiseerder van die ‘New Music Indaba’ (fees vir Nuwe Musiek) en die skepper van die NewMusicSA Bulletin, ’n jaarlikse publikasie gefokus op nuwe musiek in Suid-Afrika. Deur middel van komposisie-werkswinkels as deel van die 'New Music Indaba', maak hy ’n groot bydrae tot die vernuwing van bande met die internasionale groepe betrokke by Nuwe Musiek, en ook om erkenning te gee aan swart koormusiek as ’n ernstige kontemporêre komposisiepraktyk. Hierdie bydrae is van uiterste belang.

Dr. Blake ontvang opdragte van verskeie prominente ensembles, bv. die Fitzwilliam Kwartet, vir wie hy onlangs sy ‘Strykkwartet nr. 4’ gekomponeer het. Belangrike CD-opnames van sy werk sluit in dié van sy volledige klavierwerke deur Jill Richards en die strykkwartet nr. 3 deur die Nightingale Strykkwartet op die Bow Project CD (2010). Laasgenoemde is van spesiale belang, as illustrasie van die belangrike bydrae van Blake tot musiek in Suid-Afrika. Die projek, wat in 1999 in die lewe geroep is, het 20 komponiste die geleentheid gegee om die musiek van Nofinishi Dywili, die befaamde Xhosa boogspeler, te bestudeer en as vertrekpunt vir hul eie komposisies te gebruik. Die eindproduk van hierdie projek, die Bow Project CD, is ’n visie van die moontlikhede vir Suid-Afrikaanse komposisie om nou te funksioneer tesame met tradisionele Afrika-musiek.

Blake het ook belangrike werk gepubliseer in erkende tydskrifte, byvoorbeeld SAMUS (South African Music Studies), en die internasionale tydskrifte Fontes Artis Musicae en Neue Zeitschrift für Musik.

...

SEMINAAR TER ERE VAN MICHAEL BLAKE OP SY 60ste VERJAARDAG

         
 

Blake seminaar 29 Oktober 2011 - Jannasch Saal - Konservatorium

 
  Program  
  9:00 Stephanus Muller Miniature blueprints, spider stratagems: a Michael Blake retrospective at 60  
  9:40 Jean-Pierre de la Porte Permeability, Power and Scale: Michael Blake’s Small Worlds  
  10:20 George King Toxic Triads, or Breaking Through to Composition: Michael Blake and Composition Studies at Unisa  
  11:00   Tee/Koffie  
  11:30 Christine Lucia This e-mail address is being protected from spam bots, you need JavaScript enabled to view it  
  12:10 Paul Hanmer Michael Blake, composer and instructor  
  12:50 Aryan Kaganof Film Premiere: ‘Carpet of Memory’ deur Aryan Kaganof
Collaboration and Creativity, and the Nature of the Creative Process
 
  13:30 Afsluiting en bedanking (Mareli Stolp, namens DOMUS)  
         

John Cage 100-jarige verjaardagvieringe: Uitvoering deur Michael Blake hier.

CD-vrystelling van werke van Michael Blake hier.

Last Updated ( Thursday, 23 August 2012 )
 
< Prev   Next >

Kopiereg DOMUS 2006 - 2021 www.domus.ac.za. Alle Regte Voorbehou. | Algemeen | Webtuiste | Voorwaardes vir Gebruik.

SUN LOGO