DOMUS BANNER
EERSTE OPDRAGWERK VIR DOMUS Print E-mail

Kodering - - Musiek deur Dimitri Voudouris - - Film deur Aryan Kaganof

Konsep: Mareli Stolp


Kodering vir klavier met klankversterking en film is een van die eerste projekte van sy aard in Suid-Afrika, en die eerste werk wat sy ontstaan het as ‘n DOMUS opdragwerk. Hierdie projek, in die lewe geroep deur Mareli Stolp (klavier), en kreatief ondersteun deur visuele kunstenaar en filmmaker Aryan Kaganof en komponis Dimitri Voudouris, neem die vorm aan van ‘n lewendige uitvoering wat komposisie, film en improvisasie kombineer. Voudouris se komposisie, gebaseer op filmmateriaal geskep deur Kaganof, word in Julie 2011 uitgevoer deur pianis Mareli Stolp. Die uitvoering word ‘n interaktiewe eksplorasie van die intermediële verband tussen film en komposisie, en improvisasie en reaktiwiteit in die uitvoerder. Tydens die uitvoering sal Kaganof gedeeltes uit die filmmateriaal projekteer, sonder om vooraf op ‘n spesifieke volgorde of tydsberekening te besluit. Stolp se reaksie, met gedeeltes uit Voudouris se komposisie, sal enersyds op ‘n improvisatoriese en reaktiewe manier gebeur, en volgens haar onmidellike kreatiewe en responsiewe besluite.

Last Updated ( Wednesday, 20 April 2011 )
 
< Prev   Next >

© Kopiereg DOMUS 2006 - 2021 www.domus.ac.za. Alle Regte Voorbehou. | Algemeen | Webtuiste | Voorwaardes vir Gebruik.

SUN LOGO