DOMUS BANNER
UPRISING OF HANGBERG FILMVERTONING Print E-mail

Die Dokumentasiesentrum vir Musiek (DOMUS)

bied aan

'n filmvertoning, bespreking en musikale uitvoering oor

 

 

The Uprising of Hangberg is 'n dokumentêre film deur Dylan Valley en Aryan Kaganof met oorspronklike klankbaan deur Natasje van der Westhuizen, 'n musiekstudent aan die Universiteit van Stellenbosch. Die dokumentêr bevat skokkende beeldmateriaal en getuienis van slagoffers uit Hangberg, Houtbaai, oor die uitsetting en verwoesting van hulle huise deur die Wes-Kaapse Provinsiale Administrasie en die Stad Kaapstad in September vanjaar (sien Kagablog ). Die Rastafari gemeenskap in Hangberg staan sentraal in die narratief wat in die film ontwikkel word. Hierdie groep word onder andere verteenwoordig deur die dokumentering van Nyabingi dromspel en sang (die tradisionele musiek van die Rasta godsdiens). The Uprising of Hangberg is 'n radikaal-aktivistiese dokumentêre film. Dit is nie net artistiek en tegnies virtuoos nie, maar slaag ook polities deurdat dit 'n gemarginaliseerde gemeenskap bemagtig om te praat oor hulle onderdrukking en trauma.

In 'n gebaar van ondersteuning vir die gemeenskap van Hangberg, organiseer die Dokumentasiesentrum vir Musiek (DOMUS) 'n vertoning van The Uprising of Hangberg in Kayamandi op 2 Desember 2010. Stellenbosch is die tuiste van waarskynlik die grootste gemeenskap Rastafari in Suid-Afrika, en die Rasta gemeenskap van Cloetesville het ingestem om die geleentheid te open met 'n uitvoering van Nyabingi dromspel en sang. Die vertoning sal gevolg word deur 'n vraag-en-antwoord sessie met die filmmakers, waarna die Hangberg reggae groep BLAZE sal optree.


Datum: 2 Desember 2010

Tyd: 18:00

18:00 - Inleidende uitvoering van Nayabingi dromspel en sang deur lede van die Cloetesville Rastafari gemeenskap
19:00 - Vertoning van The Uprising of Hangberg met daaropvolgende vraag-en antwoord sessie
21:00 - Uitvoering deur BLAZE, reggae musikante uit Hangberg.


Plek: AmaZink! Eatery, Masithandanestraat, Kayamandi, Stellenbosch

Vanaf Stellenbosch, neem die R304 in die rigting van die N1. Draai links in die rigting van Makupulaweg (dit is die tweede ingang na Kayamandi vanaf Stellenbosch), draai links in Makupula, neem die derde draai links, Masithandanestraat. Kaart


Toegang gratis

Vir meer inligting skakel This e-mail address is being protected from spam bots, you need JavaScript enabled to view it (Tel.: 084-514 9252)


EERSTE OPNAME VIR DOMUS: NYABINGHI MUSIEK

Vertoning van The Uprising of Hangberg, ‘n film deur Aryan Kaganof en Dylan Valley:

Op 21 September 2010 het lede van die Metro Polisie die Hangberg area in Houtbaai binnegegaan, met die doel om verskeie inwoners van Hangberg se huise te vernietig wat volgens wet bo die vuurlyn gebou is. Aryan Kaganof en Dylan Valley skep die dokumentêre film, The Uprising of Hangberg in reaksie op dié gebeurtenis.

   

DOMUS het op 2 November 2010 die film vertoon by Amazink Restaurant in Kyamandi, Stellenbosch. Die vertoning was ‘n sukses, en ‘n lewedige gesprek tussen lede van die publiek het gevolg. Lede van die Hangberg gemeenskap het ook die vertoning bygewoon.

   

DOMUS het verder ’n finansiële bydrae gemaak tot die opname van ‘n eerste CD van die reggae-groep Blaze, wat ook lede van die Hangberg gemeenskap is, by Milestone Studios in Kaapstad.

   

Hierdie beeldmateriaal is geneem vanaf die DVD opname deur Blaze.

   

.

Last Updated ( Tuesday, 31 May 2011 )
 
< Prev   Next >

© Kopiereg DOMUS 2006 - 2021 www.domus.ac.za. Alle Regte Voorbehou. | Algemeen | Webtuiste | Voorwaardes vir Gebruik.

SUN LOGO