DOMUS BANNER
UITGAWES EN UITVOERINGS VAN MUSIEK VAN DIETRICH WAGNER Print E-mail

Onlangs het DOMUS/Stellenbosch Universiteit Musiekbiblioteek publikasies van musiek van luitenis/kitaarspeler Dietrich Wagner bekom. Werke wat tot dusver deur Starcatcher Publications uitgegee is, sluit meestal werke in vir solo kitaar (onder andere'n Intermezzo en Serenade – beide opgedra aan Nana Wagner). Verder is daar ook die ensemblewerk, Musical Interludes: Written for A Very Long Trunkcall. Laasgenoemde is 'n drietalige kinder toneelstuk deur Nana Wagner, met tussenspele deur Dietrich Wagner gekomponeer. Die tussenspele is getoonset sodat dit deur kinders uitgevoer kan word.


Uitvoerings vir die bekendstelling van hierdie werke, vind soos volg plaas:

Sondag, 18 Julie 2010
16:00 - Universiteitsmuseum
Kitaarduo: Abri Jordaan en Conrad Calitz
Dietrich Wagner se Serenade, asook A Fantasy, gebaseer op 'n gedig van PB Shelley, vanuit Two Pieces word by hierdie program ingesluit. Werke van William Lawes, Luigi Boccherini, Mauro Giulani, Manuel da Falla, Ernesto Nazareth, Maximo Diego Pujol en Radames Gnattali word ook tydens hierdie geleentheid uitgevoer.

Sondag, 22 Augustus 2010
16:00 - Universiteitsmuseum
Eon Louw (luit en kitaar), voormalige student van Dietrich Wagner.
Die program sluit in Duitse luitmusiek vanuit die Barok en Five Pieces vir kitaar deur Dietrich Wagner.

Sondag, 31 Oktober 2010
Verdere besonderhede sal aangekondig word.

Kontak
Konserte: E-pos This e-mail address is being protected from spam bots, you need JavaScript enabled to view it
Publikasies: E-pos This e-mail address is being protected from spam bots, you need JavaScript enabled to view it

Meer inligting oor Dietrich Wagner hier

(Julie 2010)

Last Updated ( Monday, 23 August 2010 )
 
< Prev   Next >

Kopiereg DOMUS 2006 - 2021 www.domus.ac.za. Alle Regte Voorbehou. | Algemeen | Webtuiste | Voorwaardes vir Gebruik.

SUN LOGO