DOMUS BANNER
GRAHAM NEWCATER-PROJEK Print E-mail

In antisipering tot die twaalftoonkomponis Graham Newcater se 70ste verjaardag in 2011 organiseer DOMUS uitvoerings ter ere van die komponis. Tydens hierdie geleentheid sal Newcater ook 'n besoek aan Stellenbosch aflê.

Hoewel DOMUS reeds 'n aantal van Newcater se manuskripte huisves, beoog DOMUS ook om 'n verteenwoordigende versameling van die komponis op te bou.

Raka komponis skenk dokumente aan DOMUS Lees verder...

Graham Newcater Lees verder...

 



Projekbestuurder: This e-mail address is being protected from spam bots, you need JavaScript enabled to view it
Tel.: 082-551 9163

Olga Leonard het BMus (Uitvoerende Kuns) aan die Universiteit van Pretoria studeer, waar sy klavieronderrig van Prof. Joseph Stanford ontvang het. Sy het verder ook haar MMus (Uitvoerende Kuns) aan die Universiteit van Pretoria gedoen en skryf ter gedeeltelike vervulling van die graad ‘n mini verhandeling rakende die Strykkwartet van Graham Newcater.

Olga neem van ‘n jong ouderdom deel aan die Sanlam Musiekkompetisie vir Laerskoolleerlinge. Sy het die eerste prys ontvang in die Junior Hoërskool afdeling van die Musicon Kompetisie in Bloemfontein en was ‘n Beeld Eisteddfod medalje en trofee wenner in 2001, 2002 en 2003.

Sy ontvang verskeie beurse waaronder die FAK beurs (2000) en ‘n akademiese prestasie- en leierskapsbeurs by die Universiteit van Pretoria. In 2005 slaag sy UNISA Graad 8 eksamen met lof en neem deel aan die Unisa Suid Afrikaanse Musiekstudiebeurskompetisie in Bloemfontein. In 2006 voltooi sy die Unisa Onderwyslisensiaat in musiek en slaag met lof.

Olga ontvang in 2007 meestersklasse van Joseph Banowetz (VSA), Adam Wodnicki (Pole – VSA) en Jan Kadlubiski (Pole). Sy voltooi ook die Unisa Voordraerslisensiaat en word gekies vir die Unisa Oorsese Musiekstudiebeurskompetisie.

Olga is sedert Januarie 2009 woonagtig in Kaapstad en is hoof van die musiekdepartement by Wynberg Meisieskool.


.

Last Updated ( Tuesday, 24 August 2010 )
 
< Prev   Next >

© Kopiereg DOMUS 2006 - 2021 www.domus.ac.za. Alle Regte Voorbehou. | Algemeen | Webtuiste | Voorwaardes vir Gebruik.

SUN LOGO