| JOHNNY DYANI OPNAMES |
|
|
|
Die kunstenaar Aryan Kaganof het vier kassette aan DOMUS geskenk. Die kassette bevat 'n ongepubliseerde onderhoud met The Blue Notes kontrabasspeler, Johnny Dyani. Kaganof was aktief in die anti- apartheidstryd in Nederland (waar hy roem verwerf het as die filmmaker Ian Kerkhof). Hy het die skenking gemaak gedurende sy aanbieding oor Dyani tydens die Music and Exile Simposium in Johannesburg (27-28 Januarie 2010). Die Simposium is georganiseer deur Unisa lektor (en voormalige meestersgraadstudent van Stellenbosch Universiteit) Stephanie Vos, en is aangebied deur die Johannesburg Goethe Institut. Nadat hy daarop aangedring het dat alle opnametoerusting afgeskakel word gedurende sy praatjie, het Kaganof Dyani (1945-1987) in herinnering geroep as 'n briljante en onkonvensionele musikus. Hy het vertel van sy kennismaking met Dyani se musiek terwyl laasgenoemde in bannelingskap in Swede gewoon het, hulle eerste kontak en daaropvolgende vriendskap, asook van die toer wat hy vir Dyani georganiseer het in Nederland. In 'n verrassende en spontane verloop van gebeure, het Kaganof die kassette met die onderhoud oorhandig aan die hoof van DOMUS, Stephanus Muller, wat in die gehoor gesit het. Kaganof het die gehoor gevra om te besin oor wat hierdie skenking aan die historiese intellektuele tuiste van apartheid sê oor die institusioneel-prekêre toestand van Suid-Afrika se musikale erfenis in die algemeen, maar spesifiek oor die nalatenskap van banneling-musici soos Dyani.
Die oorsprong van hierdie kassette wat onderhoude met die musikant Johnny Mbizo Dyani bevat, sien soos volg daaruit: (Aryan Kaganof, Korrespondensie, 26 Februarie 2010) (Februarie 2010) KAGANOF VERSAMELING VIR DOMUS Die bydrae van Aryan Kaganof tot die kultuurlewe van Suid-Afrika kan gesien op word op verkskeie vlakke en deur verskillende mediums. Hy is ineens skrywer, digter, filmmaker en kunstenaar, en ook die skepper en bestuurder van die bekende Kagablog, ’n belangrike Webwerf waar aktuele onderwerpe wat met ’n verskeidenheid aspekte van Suid-Afrikaanse diskoers resoneer, uitgelig en bespreek word. Kaganof is betrokke by verskeie vlakke van kuns en kultuur in Suid-Afrika, en handel in ’n spektrum van verskillende media en kunsvorms. Sy versameling wat aan DOMUS geskenk is, is dus ryk aan material uit verskeie oorde. Verskeie van Kaganof se films is relevant tot musiek, bv. The Legendary Syd Kitchen, Blues on a G-String, Reverie en Sharp Sharp: The Kwaito Story.
(Januarie 2011) AK 47 FILMFEES BY STELLENBOSCH WOORDFEES Hierdie filmfees bestaan uit ‘n verskeidenheid van films deur filmmaker, skrywer en kunstenaar, Aryan Kaganof en fokus op die rol van musiek in sy werk. As deel van die Woordfees sal DOMUS een-en-twintig van Kaganof se kort- en vollengte films vertoon, wat dokumentêre films oor musiekgenres soos kwaito, jazz en blues insluit, asook films wat die interaksie tussen musiek, beeld en teks ondersoek. Die fees word gereël deur Lizabé Lambrechts. Die filmfees vind plaas vanaf 7-11 Maart in Stellenbosch en Kayamandi (5 Ryneveld Restaurant, Ryneveldstraat, Stellenbosch en AmaZink Eatery, Kayamandi). As skrywer, visuele kunstenaar en fimmaker, sal Aryan Kaganof sy werk met Christo Doherty (hoof van die Wits Kunsskool) bespreek in terme van “Medium Spesifisiteit”, waar daar ook ondersoek word hoe inhoud beïnvloed word en potensieel verander word deur verskeie media. Hierdie gesprek vind plaas op 7 Maart om 14:00 in die Boektent, Stellenbosch. Program (daagliks 18:30)
(Februarie 2011)
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Last Updated ( Thursday, 19 January 2012 ) | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| < Prev | Next > |
|---|



.jpg)
.jpg)
.jpg)


