|
GESKIEDENIS VAN RILM SUID-AFRIKA |
|
|
|
Suid-Afrika figureer reeds in die RILM jaarverslag en eerste RILM volume van 1967 met Hugh Tracey (African Music Society based at Roodepoort ) as eerste Nasionale Voorsitter in 1968, opgevolg deur Christopher Ballantine (Universiteit van Natal) in 1978. Sedert middel 1980 het Beverley Lewis Parker aangesluit by Ballantine. Die komitee van twee is geleidelik uitgebrei sedert die toetrede van Rika Engelbrecht tot die RILM Suid-Afrika komitee in 1996. Engelbrecht is 'n jaar later deur Heather Gale vervang. Met die toetrede van Chris Walton (Universiteit van Pretoria) as Voorsitter in 2003 is daar 'n pan-Afrika komitee gestig met die doel om groter betrokkenheid vanuit hierdie geledere te bewerkstellig. Hierdie komitee het die volgende lede ingesluit: Chris Walton, voorsitter; Stephanus Muller, sekretaris; Adeogun Adebowale (Nigerië), Roberta L. Dougherty (Noord-Afrika), Zabana Kongo (Ghana, Togo, Benin, Guinea, Côte d'Ivoire), Tiago Langa (Mosambiek), Minette Mans (Angola, Botswana, Namibië), Grant Olwage (Suid-Afrika), Christian Onyeji (Nigerië), Brett S. Pyper (Suid-Afrika) en Martina Viljoen (Suid-Afrika). Let ook in hierdie verband Ghana se betrokkenheid by RILM reeds sedert 2000, geïnisieer deur J.H.K. Nketia van die International Centre for African Music and Dance, met Nissio Fiagbedzi as koördineerder. RILM Suid-Afrika beoog die voortsetting van die werk van Chris Walton deur die uitbreiding van 'n pan-Afrika komitee.
Tydens Walton se emigrasie na Switserland het Stephanus Muller (Hoof van DOMUS) in 2008 as Voorsitter vir RILM toegetree. Benewens die feit dat DOMUS gasheer is vir RILM Suid-Afrika, is DOMUS reeds sedert 2007 betrokke by data invoer vir RILM – dit is dieselfde jaar van betrokkenheid van die International Council for Traditional Music en ook dieselfde jaar waar die 500 000ste rekord op die RILM databasis ingevoer is.
|
|
Last Updated ( Wednesday, 02 September 2009 )
|