| WAARDEVOLLE JOHN SIMON KLANKOPNAMES AAN DOMUS GESKENK |
|
|
|
"Auctorial Reflections on Recent Compositions"
Hierdie is die [vertaalde] woorde van die vermaarde komponis, John Simon, gedurende 'n departementele colloquium op 2 Februarie 2009. John Simon is in 1944 in Kaapstad gebore. Hy het komposisie aan die Trinity College of Music en die Royal College of Music in Londen onder James Patten en John Lambert studeer. Sy werke is in Suid-Afrika, die Verenigde Koninkryk en Europa uitgevoer en uitgesaai. Tot 2005 was hy inwonende komponis die KwaZulu-Natal Filharmoniese Orkes (die eerste van sy soort in Suid-Afrika) en orkestrasie dosent by die Musiekskool, University van KwaZulu-Natal. Onlangse bedrywighede sluit in die orkestrasie van die KwaZulu-Natal komponis Phelelani Mnomiya se ‘Zizi Lethu’ (‘Ons Hoop), wat gelei het to 'n nuwe komposisie vir konsert orkes, ‘Dance to Freedom’ (eerste uitvoering tydens die Kaapstadse Internasionale Fees, November 2007), asook tot die komposisie van sy mees onlangse werk, ‘A Peal of Bells’ vir strykorkes, buisklokke en celesta, gepaard met 'n weergawe vir tjello en klavier. Tydens 'n besoek aan DOMUS op 2 Februarie 2009 is 'n aantal waardevolle en skaars opnames, deur die komponis aan DOMUS geskenk. Hierdie opnames sluit onder andere in 'n Simfonie, Dover Beach (a cappella toonsetting van Matthew Arnold se ‘Dover Beach’), twee Klavierkonserte, 'n Vioolkonsert, 'n Requiem vir orkes, 'n simfoniese suite (Children of the Sun) en 'n sangsiklus, ‘Portrait of Emily’. Belangrik oos is sy Threnody 2 vir strykers (opgedra aan Steve Biko), in reaskie op die situasie in apartheid Suid-Afrika. Hierdie werk was onder embargo by die SABC tot 1993.
(Februarie 2009) |
|
| Last Updated ( Wednesday, 17 March 2010 ) |
| < Prev | Next > |
|---|





