DOMUS BANNER
GIDS VIR SUID-AFRIKAANSE MUSIEKVERSAMELINGS Print E-mail

Agtergrond

Tekorte aan befondsing, personeel en tyd is alles faktore binne argief-, biblioteek en dokumentasiesentrumverband wat navorsing kortwiek. Hierdie gids spreek bogenoemde probleme aan deur die samestelling van inligting oor spesiale musiekvesamelings in Suid-Afrika om sodoende musieknavorsing op plaaslike musiekmateriaal in Suid-Afrika en internasionaal te stimuleer. In 'n poging om die wydste spektrum van musieknavorsing te dek, meld hierdie databasis die ligging en stand van dokumente en versamelings.

Aanvanklik het die databasis tot stand gekom as meestersgraadprojek wat befonds is deur die South African Music Archive Project (SAMAP). Verder put hierdie gids uit die kundigheid van Wouter Klapwijk (Inligtingstegnikus, Universiteit Stellenbosch Biblioteek- en Inligtingsdiens).

Hoewel slegs 'n aantal nasionale, provinsiale en tersiêre instellings tans verteenwoordig word, streef DOMUS daarna om verdere instellings in hierdie kategorieë, asook privaat versamelings in te sluit.

Opdatering van Inligting en Soektogte

Die opdatering en relevansie van hierdie gids is 'n enorme taak. In die lig hiervan stel DOMUS veral ook samewerking en bydraes van instellings hoog op prys. Lees verder...

of

Toegang tot gids hier

 

Last Updated ( Tuesday, 17 June 2014 )
 
< Prev   Next >

© Kopiereg DOMUS 2006 - 2017 www.domus.ac.za. Alle Regte Voorbehou. | Algemeen | Webtuiste | Voorwaardes vir Gebruik.

SUN LOGO