DOMUS BANNER
EOAN-Groep Boekprojek Print E-mail

 

Die produksie van volledige operas, ballette, drama produksies, koor konserte en kunste feeste en die opleiding van tallose sangers, dansers en akteur tel onder die wye verskeidenhied kulturele prestasies van die Eoan Groep tussen 1933 en die laat 1970s. Hoewel die groep in Distrik Ses en later in Athlone gebaseer was, het hulle ’n belangrike rol in die kulturele lewe van Kaapstad gespeel. Vir baie wat by die groep betrokke was, was dit ’n lewe van toewyding ten spyte van die moeilike omstandighede wat deur Apartheid wetgewing veroorsaak is.

Die maak van ’n boek oor die buitengewone geskiedenis van die groep het gou ’n noodwendigheid geword tydens die onderhandelinge in verband met die oordrag van die Eoan Groep argief na Domus. Ná ’n reeks ontmoetinge met lede van die Eoan gemeenskap in 2008, is ’n boekkomitee saamgestel uit individue wat direk (of indirek) met Eoan verbind was en lede van DOMUS.

Foto: Cloete Breytenbach

   
Gedurende 2009 het die boekkomitee 47 onderhoude met individue gevoer wat op een of ander tyd by die Eoan Groep betrokke was en die boek beoog om hierdie herinneringe vas te lê deur die direkte aanhalinge uit gesprekke soos hulle in die onderhoude met ons gedeel is. Die onderhoude het weereens onder ons aandag gebring hoeveel energie en liefde deur lede in die groep geïnvesteer het, die buitengewone omstandighede waarin hulle moes werk en die invloedryke rol wat die groep in soveel lewens gespeel het.

Die proses van die maak van hierdie boek is nog nie afgehandel nie. In 2010 is die onderhoude getranskribeer en aanhalings sal in hoofstukke gegroepeer word na aanleiding van temas soos bv. opera en ballet produksies, die vroeë geskiedenis van die groep, verskeie individue wat die groep gevorm het, opleiding, kostumering, toere en die rol van politieke op die groep. Ons hoop om die manuskrip van die boek teen die einde van hierdie jaar gereed te hê vir inhandiging by ’n uitgewer. Alle onderhoude is ook deur die Kaaps-gebaseerde filmmaker, Aryan Kaganof, verfilm met die oog op die maak van ’n dokumentêre film oor hierdie proses.


EOAN Blog


Geskiedenis van die EOAN-Groep
lees verder...

Oorhandiging van die EOAN-argief aan DOMUS lees verder...

EOAN-Groep se Geskiedenis word onthou by die US lees verder...

EOAN-Groep se Geskiedenis word by US bewaar lees verder...

  Hilde Roos
(EOAN Boekprojek koördineerder)
E-pos: This e-mail address is being protected from spam bots, you need JavaScript enabled to view it
Tel.: 083-660 1006

 

 

Last Updated ( Tuesday, 24 August 2010 )
 
< Prev   Next >

© Kopiereg DOMUS 2006 - 2010 www.domus.ac.za. Alle Regte Voorbehou. | Algemeen | Webtuiste | Voorwaardes vir Gebruik.

SUN LOGO