DOMUS BANNER
RILM Print E-mail

Répertoire International de Littérature Musicale (RILM) is 'n uitgebreide internasionale bibliografie van geskrewe bronne oor musiek. Deur middel van inligtingstegnologie word kennisverspreiding en interdissiplinêre kommunikasie (kunste, lettere, wetenskappe en sosiale wetenskappe) in die internasionale navorsingsgemeenskap bevorder. Met behulp van 'n uitgebreide internasionale netwerk bevat RILM nagenoeg 540 000 inskrywings (onlangse en vroeër literatuur) in 215 tale en vanuit 151 lande.

Die konsep vir die vestiging van 'n rekenaarbibliografie het reeds ontstaan by Barry S. Brook van Queens College, City University, New York (CUNY) in 1964. 'n Voorstel tydens 'n kongres van die International Association of Music Libraries (IAML) in 1965, het gelei tot die stigting van RILM onder die vaandel van die International Musicological Society (IMS) en IAML in 1966. Gedurende dieselfde jaar is 33 Nasionale Komitees gevestig wat geleidelik uitgebrei het na nagenoeg 60 lande regoor die wêreld vandag. Hierdie Nasionale Komitees, bestaande uit musiekwetenskaplikes en bibliotekarisse by tersiêre instellings, nasionale biblioteke en navorsings instellings is verantwoordelik om uittreksels van musiekpublikasies na die Internasionale RILM Kantoor te stuur.

Volg die RILM Blog

Last Updated ( Thursday, 20 May 2010 )
 

© Kopiereg DOMUS 2006 - 2017 www.domus.ac.za. Alle Regte Voorbehou. | Algemeen | Webtuiste | Voorwaardes vir Gebruik.

SUN LOGO